OUDTSHOORN GHOLFNUUS - Sergio Arries het die afgelope naweek die Oudtshoorn-gholfklub se monthly mug-gholftoernooi met 'n teling van 72 punte gewen.
Callie Wannenburg en Daniël Boks was in die tweede en derde plekke onderskeidelik.
Op die agste putjie het Rudi Mortlock die naaste aan die pen geslaan.
Spog-tweetjies is deur Clement Rex en Salie Oosthuizen aangeteken.
Tesame met sy algehele derde plek, het Boks ook die boerpot ingepalm.
Die eerste geborgde gholfdag van 2021 sal volgende Woensdag deur die Oudtshoorn-sakekamer aangebied word.
Rudi Mortlock het die naaste aan die pen geslaan.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'