OUDTSHOORN GHOLFNUUS - Sergio Arries (14) het verlede Saterdag die Oudtshoorn-gholfklub se maandelikse Vleisdag gewen.
Altesaam 49 spelers het op die dag afgeslaan.
Op 'n uittel met 39 punte elk, het Pieter Strauss en Daniël Boks onderskeidelik tweede en derde geëindig.
Clement Rex het op die derde putjie die naaste aan die pen geslaan.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'