OUDTSHOORN NUUS - Selwyn Amsterdam het onlangs die departement van korrektiewe dienste se Back to school-gholfdag met 'n telling van 45 punte gewen.
Ian Laubscher was tweede met 41 punte, gevolg deur Hannes Oosthuizen met 40 punte.
Altesaam 40 spelers het op die dag afgeslaan. Alle gelde wat uit dié gholfdag gegenereer word, sal aangewend word om skoolskoene vir minderbevoorregte kinders aan te skaf.
Hannes Oosthuizen
Ian Laubscher
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'