Dit was 'n samespel Stableford-kompetisie sonder dat die spelers geweet het wie sy maat is omdat die rekenaar dit aan die einde van die dag bepaal het. Altesaam 82 spelers het vir die dag ingeskryf.
Colin Swigelaar en Juan Pretorius het met 46 Stableford-punte as wenners met die eerste prys, twee splinternuwe gholfsakke, weggestap.
Celeste Barnard en Piet Swanepoel het die tweede prys losgeslaan met 45 punte en Chris Smit en Clive Brandt, die derde prys, ook met 45.
CJ Smith en Ettienne Roos was vierde met 44 punte en Pietie Mooney en WJ Burger in die vyfde plek met 43.
Salie Oosthuizen en Jaco Mortlock, Garth Matthews en Johan Cornellissen, Eathon Nel en Jurgens Burger, George Fourie en Higo Jacobs en M Robinson en Sheldon Booysen het hierna gevolg, almal met 42 punte.
Howard Ellis (3de), William Malgas (8ste), Piet Swanepoel (12de) en Eathon Nel (15de) was die wenners van die naaste-aan-die-pen-pryse.
Die beste tellings in Vrydag se sundowner was:
Afd A: Howard Ellis 20, William Malgas 14;
Afd B: Pietie Mooney 15, Colin Swigelaar 15;
Afd C: Jurgens Burger 19, Marius Westraad 17.

Die wenners van Saterdag se Afskop gholfdag, Colin Swigelaar (links) en Juan Pretorius (regs), saam met Louis Fourie jr, wie se idee dit was om dié buitengewone kompetisie aan te bied. Foto's: Garnett Wicomb