OUDTSHOORN NUUS - Lede van die Oudtshoorn-polisie het verlede week 'n praatjie oor euwels in die gemeenskap by Alte Försterei 2-sokkerveld vir jeugdige sokkerspelers in Lategansvlei gehou.
Onderwerpe soos geweldvoorkomende interaksie en kommunikasie, verdraagsaamheid, anti-diskriminasie en sportmansgees was onder andere bespreek. Die belangrikheid van sport in kinders se lewe is ook onderstreep omdat dit 'n direkte impak het op hul persoonlikheidsontwikkeling.
Almal teenwoordig het na die dag se verringtinge heerlik aan worsrolletjie en waatlemoenskywe gesmul.
Daar is ook deur middel van rolspel gedemonstreer hoe om gewelddadige situasies in die alledaagse lewe te hanteer.
Een van die organiseerders, Dario Urbanski, was in sy noppies met die dag se verrigtinge en het gesê dat sy wens is dat die jeug aanklank vind by dit sodat dit hulle kan help om 'n waardevolle bydrae te lewer om sosiale diversiteit in sport te vergroot.
Die dag is afgesluit met 'n o. 13-vriend-skaplike sokkerwedstryd waarna almal heerlike waatlemoen en worsrolletjies geniet het.
Urbanksi het Andreas en Etti Schroth (Duitse borge) bedank vir die spyseniering wat sowat 60 kinders gefinansier het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’