SOKKERNUUS - Oudtshoorn Local Football Association (OLFA) in samewerking met Spring Roses-sokkerklub van Dysseldorp beplan om eerskomende naweek, 30 en 31 September, 'n sokkertoernooi ten bate van liefdadigheid by Dysselsdorp-sportstadion aan te bied.
Die opbrengste van die toernooi sal gebruik word om skoolskoene vir behoeftige kinders van PJ Badenhorst, St. Konrad en Dysselsdorp Primêre Skool te bekom.
Verrigtinge begin Saterdagoggend 10:00 wanneer die skoolspanne mekaar pak.
Sondag sê die Superliga-sokkerspanne mekaar die stryd aan.
Dit sluit spanne in soos Spring Roses, Moonlight, Super Strikers, Leeds, Rangers B-span, Dayla Stars en Dysselsdorpspanne in.
Vir enige inligting rakende kosstalletjies en toegangsfooie, kontak Lwando Banda by 071 023 3885 en Gabriel Majolla by 074 441 9912.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’