OUDTSHOORN SOKKERNUUS - Die Oudtshoorn Plaaslike Sokkervereniging (OLFA) se ligawedstryde is tans in volle gang met vier wedstryde wat verlede Saterdag op die Bridgton-sportterrein gespeel is.
In die eerste wedstryd Saterdag het Bongolethu-sokkerspanne korte mette gemaak teen Leeds United van Dysselsdorp en hulle met drie doele teenoor een geklop.
Aan die einde van die eerste helfte het Bongolethu reeds met 2-1 voorgeloop.
Die 16 spanne wat tans in die A-liga sake uitspook is, Springbok, AC Milan, Leeds United, Super Strikers, Italië, Black Eagles. Young Blues, United Stars, Spring Roses, Rangers, Kock City (almal van Dysselsdorp).
Die res van die spanne is Bongolethu en Athletico (Oudtshoorn), De Rust United en New Castle (De Rust) en Jonkers United van Kammanassie.
Die laaste ligawedstryde sal op 8 Mei beslis word waarna die uitspele in Junie beslis sal word.
'n Speler van Kock City van Dysselsdorp veg verbete om balbesit in die wedstryd teen Oudtshoorn se Athletico-sokkerspan.
Die definisie van koppe stamp...
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'