OUDTSHOORN NUUS - Die halfeindstryd en eindstryd in die Oudtshoorn-sokkerliga (Olfa - Oudtshoorn Local Football Association) A- en B-kompetisie word Sondag 1 Julie in Dysselsdorp beslis.
In die halfeindstryde sal Leeds United om 14:30 teen Springroses speel en om 16:00 sal Bongolethu Stars vir United Stars die stryd aansê om te bepaal wie na die eindstryd deurdring.
Saterdag 23 Junie se uitspeelrondes uitslae:
A-liga
- Barcalona Stars wen De Rust United 2-1
- Bosbou wen New Castle 2-0
- Leeds United wen Jonkers United 2-0
- Springroses wen FC Chiefs 2-0
- Bongolethu Stars wen FC Blomnek 3-1
- Springbok wen Black Eagles 3-1 met doelskoppe na die eindtelling gelykop was.
B-liga
- Rangers wen Moonlight B 2-1
- Sweety Stars wen Italië 2-1
- Super Strikers wen Athletico 3-2
'We bring you the latest Oudtshoorn, Klein Karoo news'