KLEIN KAROO SOKKERNUUS - Die gewilde Paasnaweek-sokkertoernooi wat jaarliks deur OLFA (Oudtshoorn Football Association) aangebied word skop Vrydag 19 April by die Dysselsdorp-sportterrein af met die finale wat op Maandag 22 April plaasvind.
Altesaam 17 spanne in die A-liga het reeds geregistreer terwyl 13 spanne in die B-liga hul deelname bevestig het. Registrasiefooie beloop R2 000 per span wat in die B-liga wil meeding.
Die spanne in die A-liga is reeds gefinaliseer met slegs plek vir 'n paar spanne in die B-liga.
Die wenners van die toernooi sal 'n skaflike R20 000 plus 25 goue medaljes inpalm terwyl die naaswenners met R10 000 en 25 silwermedaljes sal wegstap.
Spanne wat in die derde en vierde plekke eindig kan elk R3 000 elk verwag. Die Moonlights sokkerspan is tans die verdedigende kampioen. Toegangsfooi by die hek is R5 vir skoliere en R10 vir volwassenes.
Vir enige inligting oor die toernooi kontak Levesto le Roux by 082 417 2117.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'