OUDTSHOORN NUUS: Moonlight-sokkerklub het die afgelope naweek Peace Makers met twee doele teenoor een geklop. Die wedstryd is by die Dysselsdorp-sportstadion gespeel en is in groot getalle deur toeskouers ondersteun.
Die eerste helfde is teen 'n hoë tempo gespeel wat een doel elk vir die beide spanne opgelewer het.
In die tweede helfde het Moonlight stelselmatig die oorhand gekry waarna hulle die wendoel aangeteken het.
Hierdie oorwinning beteken dat Moonlight nou die 9de posisie op die algemene punteleer beklee met drie oorblywende wedstryde nog oor in hierdie ronde.
Moonlight se doele is deur Barenito Lewis en Wayne Botha aangeteken.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’