SPORTNUUS - Moonlight-sokkerklub het Paasmaandag vir Spring Roses in die eindstryd (A-afdeling) van die Oudtshoorn Local Football Association (OLFA) Paasnaweek-sokkertoernooi met twee doele teenoor een in die Dysselsdorp-sportstadion verslaan.
Moonlight is die mees suksesvolste klub in die geskiedenis van die toernooi en het met sy oorwinning, dié gesogte trofee vir die agste keer ingepalm.
Die einste Moonlight het ook in verlede jaar se eindstryd gespeel, maar is toe in die laaste 10 minute van spel met 'n briljant doel uiteindelik met 3 - 2 deur Leeds verslaan.
Dié gewilde toernooi is oudergewoonte oor drie dae in Dysselsdorp en Oudtshoorn gespeel en is deur hordes mense ondersteun.
Springs Roses het eerste bloed geruik en binne die eerste paar minute 'n doel via Johannes Kortjé aangeteken. Moonlight het later begin domineer en die wedstryd se tempo aansienlik verhoog - 'n taktiek wat hulle duidelik gepas het. Moonlight se Elzandro Lewis het egter sake 10 minute daarna gelykop gemaak met 'n briljante doel wat die doelwagter onverhoeds betrap het.
Enkele minute daarna het Everton weer vir Moonlight 'n doel geskop om die telling 2 - 1 te maak wat ook die rustydtelling was.
Die tweede helfte het geen doele opgelewer nie met Moonlight wat die wedstryd uitstekend beheer het deur enige aanval van Spring Roses te fnuik.
B-Afdeling
- FC Chiefs klop Mafena via strafskoppe
- (3 - 1) nadat die wedstryd na 90 minute se spel gelykop geëindig het.
Vroue-afdeling:
- Spring Roses klop Super Strikers in die eindstryd.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’