OUDTSHOORN SPORTNUUS - Die Eden Football Association (EFA) in samewerking met die Oudtshoorn-munisipaliteit, Herotel en Master Maths het verlede naweek hul eerste mini-wêreldbeker-sokkertoernooi by Oudtshoorn Vaardigheidskool se sportvelde gehou.
Phantom Wolves, Rising stars, Alpha, ODN Tigers, Bonguletu United, Principia, Aqua Lighting en Bonghulethu Primer was die wat spanne meegeding het in die toernooi wat twee ouderdomsgroepe van o.11 en o.13-spanne onderskeidelik ingesluit het.
Phantom Wolves het die o.13-wêreldsokkerbeker gewen met Bonguletu United in die tweede plek gevolg deur ODN Tigers wat in die derde plek geeindig het.
In die o.11-afdeling was dit ODN Tigers wat met die wêreldbeker weggestap het. Principia was tweede met Phantom Wolves se o.11-span wat die derde plek behaal het.
Volgens een van die organiseerders, Jonathan Serfontein, wil die EFA graag hul borge bedank vir hul volgehoue ondersteuning dwarsdeur die jaar wat sodoende sokkerontwikkeling moontlik maak.
Die mini-wêreldbeker-sokkertoernooi het opwindende sokker opgelewer. Foto: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'