OUDTSHOORN NUUS - Lategansvlei se inwoners en gaste het Mandeladag op 12 Julie gevier.
Die 250 gaste het 67 minute se gemeenskapswerk gedoen, musiek gemaak, sokker gespeel en gesmul aan heerlike kos.
Dario Urbanski noem dat sonder borge, die helpers en organiseerders die dag nie suksesvol sou wees nie.
Die Donson Dancers en die plaaslike rymkletser, QRT het die gaste vermaak. Die rooispan het die beker ontvang waarna almal gesellig saam gekuier het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’