Die skool het die Oudtshoorn-streekverteenwoordig na hulle tot die aanloop van die toernooi al die skole in die streek geklop het.
Drie skole in die Suid-Kaap het aan die toernooi deelgeneem. PJ Badenhorst het ondermeer vir Heidedal Primêr van George met 1-0 geklop en vir Isalathiso Primêr van Mosselbaai met 2-1.
Die span kwalifiseer nou vir die Danone-provinsiale uitspele wat hierdie naweek in Beaufort-Wes plaasvind.
`n Merkwaardige prestasie in ag genome dat die seuns, wat in moeilike omstandighede grootword, in tekkies of skoolskoene speel omdat hulle nie sokkerstewels kan bekostig nie.

Badenhorst Primêr se o.12-sokkerspan het die afgelope naweek uitgeblink by die jaarlikse Danone-sokkertoernooi. Foto: Verskaf.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'