OUDTSHOORN NUUS - Jeugdag en lewendige beeldsending van die Wêreldbekersokker in Rusland is tot groot vermaak van Lategansvlei-inwoners en sokkerliefhebbers van elders by Stadion An Der Alten Försterei 2, Lategansvlei aangebied.
Jong sokkergeesdriftiges het Saterdag 16 Junie die dag met sokkerwedstryde as deel van Jeugdagvieringe afgeskop. Daarna is twee Wêreldbekersokkerwedstryde, Mexico teen Duitsland en Brazil teen Switzerland op 'n groot skerm op die stadion gebeeldsend.
Dario Urbanski, mede-eienaar van die stadion het gesê, "Ongeveer 50 toeskouers van Lategansvlei en omgewing het die dag meegemaak."
Antonette Reuter, een van die toeskouers, het aan Urbanski gesê, "Die eerste publieke 'saam kyk, saam kuier," hier in Lategansvlei was 'n reusesukses. Ek het gehoop Duitsland sal wen maar Mexiko was effens beter." Sy het gesê sy het nuwe mense ontmoet en heerlik geklets.
Nuwe mense ontmoet en sommer heerlik geklets. "Dit is boonop gratis, wat dit nog lekkerder maak. Ongelooflike uitsig oor die mooi Klein Karoo. Ek het die son in al sy glorie gesien, net so voor hy ondergegaan het."
Urbanski het FC Union Berlin-sokkerklub in Berlyn, IT Brilliance, Sign Shop en Satellite Centre bedank omrede hulle die uitsending moontlik gemaak het.
Op Saterdag 23 Junie word daar weer by die stadion sokkerwedstryde lewendig gebeeldsend.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'