OUDTSHOORN NUUS - Impact Sport Events het Maandag 25 Maart trofeë, medaljes, rugbyballe en toerusting vanaf die departement van kultuursake en sport ontvang vir hul eerste Paasnaweek-rugbytoernooi wat Donderdagaand, 28 Maart, afskop.
Die spanne wat deelneem sluit al die plaaslike ligaspanne soos Bridgton, All Blacks, Oudtshoorn, Spring Roses, Collegians, Adias en Harlequins in.
Landelike spanne soos Blue Birds, Kango United, Early Birds Hotspurs, Karoo Lusern, Kavaliers, KKLN, Mighty's en New Cartens, Rebels en Scoemzie sal ook hul slag wys.
Volgens een van Impact Sport Events se lede, Granwill Strydom, beloof die komende naweek se rugbywedstryde groot opwinding vir die pynproewer. Die laaste wedstryde sal Maandag 1 April gespeel word.
Al die hekgelde sal volgens Strydom onder die spanne verdeel word.
Strydom het ook sy dank uitgespreek teenoor die departement van kultuursake en sport vir hul skenking sowel as die Oudtshoorn-munisipaliteit en Black List Security vir hul borgskap.
Kaartjies beloop R30 per persoon en naweekpasse is ook beskikbaar.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’