Update
OUDTSHOORN NUUS - Sokkergeesdriftiges gaan beslis die komende Paasnaweek in groot getalle na Dysselsdorp se sokkervelde optrek.
Van Vrydag 30 Maart tot Maandag 2 April sal ongeveer 30 spanne aan die jaarlikse Oudtshoorn plaaslike-sokkerliga se Paasnaweek-toernooi deelneem.
Volgens Dawie Stalmeester, Oudtshoorn-sokkerliga se koördineerder, beloof die naweek se sokker 'n fees te wees. "Sokkerklubs van oor die Eden-distrik, asook spanne van sover as Kaapstad sal deelneem."
Stalmeester het die versekering gegee dat sekuriteit tydens die sokkerfees opgeknap gaan word om toeskouers, beamptes, spelers en skeidsregters se veiligheid te verseker.
Spanne sal in 'n A- en B-liga kompeteer. In die A-liga sal die wenspan R15 000, 'n wisseltrofee en 25 goue medaljes ontvang. Die naaswenners sal R8 500 en silwermedaljes ontvang, terwyl die verloorders in die twee halfeindstryde R3 500 sal ontvang.
In die B-liga is daar ook 'n wisseltrofee en medaljes op die spel, terwyl die prysgeld R10 000, R5 000 en R2 500 beloop.
Vir meer inligting oor die Paasnaweek-toernooi kan Dawie Stalmeester (073 865 7816 - stalmeesterd70@gmail.com) of Levesto le Roux (082 417 2117 - levestole@gmail.com) gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'