OUDTSHOORN NUUSFLITS - Sokkergeesdriftiges gaan verseker die komende Paasnaweek in groot getalle na Dysselsdorp se sokkervelde optrek.
Van Vrydag 30 Maart tot Maandag 2 April sal ongeveer 30 spanne aan die jaarlikse Oudtshoorn plaaslike-sokkerliga se Paasnaweek-toernooi deelneem.
Volgens Dawie Stalmeester, Oudtshoorn-sokkerliga se koördineerder beloof die naweek se sokker 'n fees te wees. "Sokkerklubs van oor die Eden-distrik, asook spanne van sover as Kaapstad sal deelneem."
Stalmeester het die versekering gegee dat sekuriteit tydens die sokkerfees opgeknap gaan word om toeskouers, beamptes, spelers en skeidsregters se veiligheid te verseker.
Spanne sal in 'n A- en B-liga kompeteer. In die A-liga sal die wenspan R15 000, 'n wisseltrofee en 25 goue medaljes ontvang.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'