OUDTSHOORN NUUS - De Rust-sokkerklub het verlede naweek die wyk 11-Paasnaweeksokkertoernooi teen Young Stars met twee doele teenoor een gewen. Vir hul sege het De Rust altesaam R15 000 ingepalm.
Die toernooi bestaan reeds sedert 2015 en vanjaar het 13 spanne ingeskryf. Die spanne het Barcelona, FC Borcherds, Dysselsdorp Celtic, Hotspurs, New Castle, Young Brokers, Chelsea, Young Stars, De Rustica, FC Blomnek en Jonkers United ingesluit.
Volgens een van die organiseerders, Franco Kammies, beloop die inskrywingsfooi R3 000 per span wat dan verdeel word.
Young Stars (naaswenners) het R9 000 ingepalm. Barcelona was in derde plek en het R5 000 ontvang. New Castle het vierde geëindig en het R3 000 in die sak gesteek.
Al die spanne wat in die kwarteindstryde gespeel het kry elkeen R1 200 en die spanne wat in die groepfases uitgeval het kry R4 00.
Kammies het al die spanne bedank vir hul sportmangees sowel as die toeskouers wat die toernooi in hul hordes ondersteun het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’