OUDTSHOORN NUUS - 1 FC Union in Lategansvlei en SpekBos-Events was Saterdag 22 Februarie die gasheer van 'n sokkermarathon by die Lategansvlei-stadium An Der Alten Försterei 2 . Altesaam agt spanne het vriendskaplik teen mekaar gespeel in 'n deurlopende 12-ure sokkermarathon.
Toeskouers het 'n volle dag vanaf 09:00 tot 21:00 hoë gehalte sokker geniet. Sertifikate is aan al die sokkerspelers oorhandig.
Dario Urbansky noem dat die twee eregaste, Johan Fourie en Andrew Kühn, die kostes gedek het vir kos en koeldrank vir die 160 spelers wat deelgeneem het. "Dankie aan almal wat die dag moontlik gemaak het, hetsy hoe groot of klein die bydrae was."
Die dag is afgesluit met 'n aandspel tussen Lategansvlei en Black Burn van Ladismith met 'n puntetelling van 6 - 4 in Lategansvlei se guns.
Uitslae
- Bongolethu United FC o.13 (1) vs FC Union Lategansvlei (0)
- Alpha FC Oudtshoorn o.11 (0) vs Arsenal FC (1)
- Alpha FC Oudtshoorn o.17 (1) vs Dysselsdorp FC o. 17 (1)
- 1 FC Union Lategansvlei o.13 (1) vs El-Roi FC (Huis TYriomf) (0)
- Bongolthu United FC o.13 (3) vs Arsenal FC 0.13 (0)
- 1 FC Union Lategansvlei o.13 (2) vs Alpha FC Oudtshoorn o.13 (2)
- Dysselsdorp FC o.13 (1) vs Bongolethu United FC (1)
- Alpha FC Oudtshoorn o.17 (0) vs El-Roi FC (0)
- Alpha FC Oudtshoorn (0) vs 1 FC Union Lategansvlei (2) - hierdie spanne het uit gekombineerde spelers bestaan.
- Arsenal FC (1) vs Alpha FC Oudtshoorn (3)
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’