OUDTSHOORN NUUS - Western Hope-krieketklub het Pioneers Saterdag op die Bridgton-sportterrein in 'n SWD Premierligawedstryd met twee paaltjies geklop.
Western Hope het die loot gewen en Pioneers ingestuur om te kolf. Pioneers kon in 37 boulbeurte slegs 127 lopies op die telbord plaas. Vir Union Stars het James Bruiners die grootste skade met die bal aangerig toe hy vyf paaltjies vir slegs 28 lopies in sy toegelate 10 boulbeurte geneem het.
Hul openingskolwer, Welton Verlaat, het daarna 'n waardevolle 47 lopies aangeteken in die klub se strewe na 'n broodnodige oorwinning. Western Hope het Pioneers se teiken reeds in die 35ste boulbeurt verbygesteek met twee paaltjies nog staande.
Met hierdie oorwinning het Western Hope nou van die sesde plek opgeskuif na die negende plek op die algehele SWD Premierliga punteleer.
Western Hope se volgende wedstryd is Saterdag teen die Knysna Kavaliers op Knysna.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'