OUDTSHOORN NUUS - Altesaam 46 spelers vanoor die Suid-Kaap en selfs twee van die Oos-Kaap het die afgelope naweek deelgeneem aan die Pam Golding Eiendomme /Wesbank-tennisklub-dubbelspeltoernooi wat in ideale tennisweer op die bane van die Wesbank-tennisklub aangebied is.
In die A-afdeling van die gemengde dubbels het George Wallace van die George-tennisklub en Maaike Ferreira van Great-tennisklub met die louere weggestap toe hulle vir Zander Petzer van die Wesbank-tennisklub en Annalize Potgieter van Great-tennisklub in die eindstryd geklop het.
Ryk Smit (Mosselbaai) en Helena Smuts (Hartenbos) was derde.
In die B-afdeling was dit die ma-en-seun-kombinasie van Christine en Rheinier van Coller van die Hartenbos-tennisklub wat koning gekraai het deur vir Louis Pienaar van die Wesbank-tennisklub en Christine Gouws van die George-tennisklub in die eindstryd te klop. Abrey Nel en Carla Botha van die Mosselbaai-tennisklub was derde.
Lees meer in hierdie week se uitgawe van die Oudtshoorn Courant,
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’