OUDTSHOORN SPORTNUUS - Agt plaaslike vlakkiekrieketspanne het Sondag op die oop veld langs die Bridgton-kliniek opwarmingwedstryde gespeel ter voorbereiding van die gewilde Oudtshoorn Premierliga vlakkiekrieket-ontwikkelingstoernooi (OPL) wat amptelik eerskomende Sondag afslaan.
Die spanne wat Sondag gespeel het was die Die Forestones, Legends, Prostars, Moonwalkers, Dreamteam, Spartan Warriors en die Hungry Lions.
Die Legends en die Hungry Lions (verdedigende kampioen) het die hoofwedstryd gespeel. In hul toegelate 10 boulbeurte kon die Hungry Lions 60 lopies aanteken.
Die Legends se kolwers het dié teiken bereik met drie balle van die wedstryd oor.
Gavin Pietersen, organiseerder van die komende OPL toernooi, het die dag se spel as 'n sukses bestempel. "Vandag het kwaliteit wedstryde opgelewer en dit was duidelik dat die manne honger was om weer na 'n lang tyd weens inperking kon speel," het hy gesê.
Een van die Legends se boulers stoom in.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'