Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Union Stars-krieketklub het Saterdag by Mamash Restaurant sy spelers by die klub se jaarlikse prysuitdeling vereer. Die spoggeleentheid is bygewoon deur die klub se erepresident, Simon Swigelaar, asook verskeie oudspelers wat Moses Jackson, Moses Carolus, Rashael Avontuur, Franco Coerecius, Reginald da Silva, Johan Weyers (tans die amateur-krieketbestuurder van Krieket
Suid-Afrika) en Joh-ben Behrends (Western Hope-krieketklub) ingesluit het.
Swigelaar het tydens sy spreekbeurt die jong krieketspelers aangemoedig om toegewyd te wees omdat daar baie geleenthede vir hulle in sport is om 'n beroep daarvan te maak.
Hy het in dié opsig verwys na spelers van Union Stars soos Gurshwin Rabie (Warriors en Cape Cobras) en Marchello Piedt (Titans), Neil Baardman ( VBS Kinghts ) en Glenton Stuurman (Warriors) wat al vir provinsiale spanne krieket gespeel het.
Advokaat Michelle Weyers, voorsitter van die klub, het in haar toespraak die spelers geluk gewens wat sukses gedurende die seisoen behaal het. Sy het ook Elridge Booysen uitgesonder wat verlede seisoen deur KSA (Krieket
Suid-Afrika) as beste "Regional Performance Centre"-afrigter in die land aangewys is. Hy het as deel van sy prestasie 'n reis na Chicago (VSA) gewen.
Union Stars het vanjaar die Reserwe Liga en die Vroue Ligas van die SWD-krieketunie gewen. In die SWD Premierliga het die klub in die halfeindstryd teen Nelson Mandela Universiteit verloor. Dit was die eerste keer in 10 jaar dat die klub nie daarin kon slaag om in die finaal van die Premierliga te kon meeding nie.
Spelers wat vereer is:
Elridge Booysen - (Daphnè-en Simon Swigelaar-wisseltrofee vir uitnemendheid en Beste B-span kolwer) Dylen Nuys - (Beste A-span bouler) Pieter Stuurman - (Beste A-span kolwer) Haroline Rhodes - (Beste bouler in die vrouespan) Micaela Andrews - (Beste kolwer in die vrouespan) Reagan Rhoode - (Beste C- span bouler) Yankela Xakani - (Beste C-span bouler) Emile Titus - (Beste C-span kolwer) Enverino Swartz - (Beste T20 bouler) Michelle Weyers - (Administrateur van die seisoen) Moses Carolus (Legende toekenning) Moses Jackson (Legende toekenning) Rashael Avontuur (Legende toekenning).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'