OUDTSHOORN NUUS - Die A-span van Union Stars-krieketklub het Saterdag in 'n SWD Premierligawedstryd Harlequins op die Bridgon-sportterein met ses paaltjies verslaan.
Harlequins het eerste gekolf, maar kon op 'n lewendige kolfblad slegs 'n skamele 44 lopies aanteken.
Union Stars se boulaanval het goed gekombineer en dit was veral Enverino Swarts (4/10) en Herschell Amerika (3/8) wat amok onder die kolwers gemaak het. Yamkela Oliphant het vir Union Stars 16 lopies aangeteken om te verseker dat sy span die wenteiken haal met slegs vier paaltjies wat platgetrek is.
Union Stars se volgende wedstryd is 9 Maart teen NMU in die halfeinstryd van die SWD Premierliga op die Bridgton-sportterein.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'