DYSSELSDORP NUUS - Union Stars het hul jaarlikse toekenningsfunksie Vrydag 22 Mei gehou, waar spelers en lede vir 'n suksesvolle seisoen vereer is.
Die klub het alle ontvan-gers van toekennings gelukgewens met hul prestasies.
Enrique Pieterson, oudvoorsitter van die klub, was die gasspreker en het lede herinner aan die toewyding, dissipline en ingesteldheid wat nodig is om 'n uit-nemende sportman of -vrou te wees.
Die hoogtepunt van die aand was die aanwysing van die 16-jarige Jezé Campher as speler van die seisoen.
Sy is ook as een van die uitblinkers van die seisoen erken ná haar insluiting in die CSA Youth-span wat vroeër vanjaar in Januarie teen Zimbabwe se o. 19-span meegeding het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’