OUDTSHOORN NUUS - Union Stars het hul jaarlikse toekenningsfunksie Vrydag 22 Mei gehou, waar spelers en lede vir 'n suksesvolle seisoen vereer is.
Die klub het alle ontvangers van toekennings gelukgewens met hul prestasies.
Enrique Pieterson, oudvoorsitter van die klub, was die gasspreker en het lede herinner aan die toewyding, dissipline en ingesteldheid wat nodig is om 'n uitnemende sportman of -vrou te wees.
Die hoogtepunt van die aand was die aanwysing van die 16-jarige Jezé Campher as speler van die seisoen.
Sy is ook as een van die uitblinkers van die seisoen erken ná haar insluiting in die CSA Youth-span wat vroeër vanjaar in Januarie teen Zimbabwe se o. 19-span meegeding het.
Michelle Weyers ontvang haar sertifikaat vir administrateur van die jaar by Enrique Pieterson. | Jevandre Suman ontvang sy sertifikaat. Foto's: Verskaf |
Seisoen se toekenningswenners:
Union Stars I
- Beste kolwer: Thurston Murphy
- Beste bouler: Yamkela Xakani
Union Stars II
- Beste kolwer: Jayver Philander
- Beste bouler: James Bruiners
Union Stars B
- Beste kolwer: Jevandre Suman
- Beste bouler: Jevandre Suman
Dames
- Beste kolwer: Jezé Campher
- Beste bouler: Jezé Campher en Kim Plaatjies
T20
- Beste kolwer: Reagon Rhode
- Beste bouler: Reagon Rhode
Dames T20
- Beste kolwer: Emmy-Kay Samson
- Beste bouler: Jezé Campher
Spesiale toekennings:
- Administrateur van die seisoen: Michelle Weyers
- Mees prestige-lid: Jezé Campher
- Mees toegewyde lid: Johannes ‘Hans’ Wagenaar
- Speler van die seisoen: Jezé Campher
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’

