OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Titans-vlakkiekrieketspan het gister (Sondag 26 Februarie), George se bestes in twee T20-wedstryde in Pacaltsdorp afgeransel.
Titans verteenwoordig die dorp se beste vlakkiekrieketspelers.
In die hoofwedstryd het die Titans 211 lopies gemoker waarna GRSD (George Rural & Sport Development) vir slegs 57 lopies in die sewende boulbeurt uitgeboul is.
Die Titans se helde was Jermaine le Kay met ‘n sprankelende 100-tal van slegs 31 balle en ook Juan Murphy met sewe paaltjies. Dan het Willem Goliath ook ‘n verwoestende beurt van 70 lopies aangeteken.
In die voorwedstryd was Titans met vyf paaltjies baas teen Convent X1. Convent kon 159 aanteken waarna Titans die teiken in die sestiende boulbeurt reeds bereik het met vyf paaltjies nog staande.
Alert Patrol het die vervoerkoste vir die Titans na Pacaltsdorp gedek en Dryland Event Management het hul kleredrag geborg.
GRSD se borg wat die dag moontlik gemaak het was Garden Route Community Safety Policing Centre.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'