OUDTSHOORN NUUSFLITS - Mosselbaai het vir 'n opskudding gesorg toe hulle Union stars in die SWD T20-krieketkompetisie se kwarteindronde uitgeskakel het.
Op die Bridgton-sportgronde het Mosselbaai Saterdag 10 September eerste gekolf en 'n stewige 152 lopies aangeteken.
Christo van Schalkwyk (34). Hanno Kotze (4/20) en Arno Moolman (2/29) 'n goeie wedstryd vir Mosselbaai gespeel. Hulle bydra was deurslaggewend om Union Stars tot 129 lopies te beperk.
George (148/6) was te goed vir Dysselsdorp (61/7) en het hulle met 87 lopies verslaan.
Saterdag 14 Oktober, op die Rec, sal Mosselbaai in die halfeindronde teen Harlequins (09:00) te staan kom.
Op dieselfde krieketveld om 14:00 sal George en NMU in die ander halfeindstryd te staan kom.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'