OUDTSHOORN NUUSFLITS - SWD-krieket sal van 11-15 Desember gasheer speel Krieket Suid-Afrika se o.13 nasionale krieketweekwedstryde.
Wedstryde sal om 09:30 daagliks begin.
Die speelvelde is: Rekreasiegronde (Rec), Hoërskool Oudtshoorn, Langenhoven Gimnasium, Laerskool Wesbank, Bridgton A en B velde (almal op Oudtshoorn), Outeniqua A en B velde en Glenwood House (almal op George).
SWD se o.13-span sal Vrystaat Maandag (op die Rec), KZN Binneland Dinsdag en Oostelike Provinsie Woensdag (op Outeniqua se velde) aanvat.
Wedstrydbepalings:
Maandag 11 Desember
Grens teen Noordelikes (Hoërskool Outeniqua B-veld), Boland teen Limpopo (Glenwood House), Oostelikes teen Noord-Kaap (Hoërskool Oudtshoorn), Vrystaat teen SWD (Rec), Gauteng teen KZN Binneland (Bridgton-sportterrein A-veld), KZN-Kusstreek teen Noord-Wes (Hoërskool Outeniqua A-veld), Zimbabwe teen WP (Langenhoven Gimnasium) en Oostelike Provinsie teen Mpumalanga (Laerskool Wesbank).
Die SWD o.13-span is voor, van links: Lyndon Volkwyn; (assistentafrigter), Duan Roberts (kaptain), Douglas Baartman (afrigter), Ruben Groenewald (onderkaptein) en Darien Deal (bestuurder). Middel: Davino Koert, Jonny Thorne, Anele Siyo, Lee Scheepers, Dristan Arends, Liyabona Malife en Simamkele Ndukwana. Agter: Rowan Lewien, Chris Fourie, Antonio Bruiners en Thurston Murphy.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'