OUDTSHOORN KRIEKETNUUS - Oudtshoorn Premierliga vlakkiekrieketspan (OPL) het die afgelope naweek sy laaste opwarmingswedstryde teen die Hungry Lions gespeel ter voorbereiding van hul beoogde toerwedstryde wat die naweek in Paarl en Worcester gespeel sal word.
Hierdie gekombineerde span was gekies is uit die Hungry Lions, Neppon Warriors, Dreamteam, RCB, Moonboys, Spartans, Prostars, Legends, Firestones, Exstreams en die Spoilers se vlakkiekrieketspanne wat verlede maand in die gewilde OPL-vlakkiekrieketliga meegeding het.
Firestone het in die eindstryd van dié toernooi weer vir 'n rekord vyfde keer, die septer geswaai.
Volgens die OPL-koördineerder, Gavin Pietersen, was daar aanvanklik kommer dat die toer nie sou voortgaan weens toenemende nasionale kommer oor die inpak van Covid-19 nie.
"Die president se toespraak verlede week het egter die weg vir ons gebaan om wel mee te ding omdat hy geen reisbeperkings gestel het nie. Ons gaan egter die president se advies tot op die letter volg en streng veiligheidsmaatreëls volg om ons spelers se veiligheid te verseker. Tegnies gesproke is hierdie die allerbeste vlakkiekrieketspan waaroor Oudtshoorn tans besit. As bestuur is ons opgewonde en kan ons nie wag om te sien hoe die manne teen die room van ander dorpe opweeg nie."
Pietersen sê dat die alhoewel die OPL-span 'n sterk Hungry Lions-span oortuigend geklop het, die eindresultaat van min akademiese belang vir hom en die bestuur is.
"Vir ons het dit daaroor gegaan dat die manne lekker moet gel en as 'n eenheid saamspeel. Die spelers was sigbaar ook baie positief ingestel en die intense wyse waarmee hulle die wedstryde benader het, het ons beïndruk. Ek weet ons boys gaan nie sommer net so boedel oorgee sonder 'n fight nie," het Pietersen gesê.
Die OPL-span se wedstryd teen die Hungry Lions was as volg:
OPL wen die loot en besluit om eerste te boul.
Hungry Lions 50 lopies vir die verlies van 10 paaltjies in 17.4 boulbeurte aan.
OPL-span bereik die teiken in die 13.2 boulbeurt met sewe paaltjies nog staande.
Die finale OPL-span spelers wat die toer die naweek na Worcester en Paarl gaan meemaak is:
- Jayver Philander (Dreamteam)
- Eaj Carew (Hungry Lions)
- Keanon Tarentaal (Legends)
- Jean Cluad Lucas (Hungry Lions)
- Willem Hendricks (Neppon Warriors)
- Jean Campher (Legends)
- Derick Oliphant (Neppon Warriors)
- Andre Piedt (Pro Stars)
- Jonathan Serfontein (Oukas Flights kaptein)
- Charles Jacobs (Firestones)
- Damion Esau (Firestones)
- Justin Hendricks (Spoilers)
- Leon Daniels (spanbestuurder).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'