OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Titans-vlakkiekrieketspan het die afgelope naweek vir Blanco Kings van George met 10 paaltjies geklop. Die wedstryd was in Dassieweg gespeel.
Blanco Kings kon slegs 25 lopies bymekaar skraap na uitstekende boulwerk van Juan Murphy, Jean Campher en Deeno Petersen.
Die Titans het die klein teiken in slegs 3 boulbeurte afgeblits.
Die Titans speel eerskomende Sondag weer in Dassieweg teen ‘n GRSD (George Rural & Development) -span in wat beloof om ‘n riller te wees.
Die Titans se netjies kleredrag is deur Dryland Event Management geborg en hul pette deur Luke Messiahs (Community Growth Foundation).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'