OUDTSHOORN KRIEKETNUUS - Die Oudtshoorn Premierliga vlakkiekrieket-ontwikkelingstoernooi (OPL) se uitspeelrondes het verlede Sondag na vier weke se rondomtaliewedstryde ten einde geloop.
Van die 12 vlakkiekrieketspanne wat aanvanklik ingeskryf het, kon net ses daarin slaag om te kwalifiseer vir die kwarteindrondes wat eerskomende naweek begin.
Die spanne wat sake dan sal uitspook is die Legends, RCB, Spartans, Neppon Warriors, Hungry Lions, Firestones, Dreamteam en die Teamplayers.
Twee van die toernooi se tradisionele swaargewigte, Hungry Lions (verdedigende kampioen) en Firestones (voormalige kampioene), sal mekaar Sondag vanaf 14:00 by die Toekomsrus-kliniek pak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'