OUDTSHOORN KRIEKETNUUS - Die Neppon Warriors het die afgelope Paasnaweek vriend en vyand verras toe hulle die Hungry Lions se Pro-10-vlakkiekriekettoernooi gewen het.
Die toernooi was oor 'n tydperk van twee dae gehou waarvan agt spanne waaronder die Prostars, Hungry Lions, Neppon Warriors, Dreamteam, Firestones, Champs, Teamplayers en die Laeveld challengers, sake uitgespook het.
Die huidige OPL-kampioen, Firestones en die gasheer van die toernooi, Hungry Lions, het onder die gunstelingspanne getel om met die louere in die toernooi weg te stap. Firestones het egter in die halfeindrondtes vasgeval terwyl Hungry Loins in die eindstryd deur 'n vasberade Neppon Warriors-span uitoorlê is.
In die eindwedstryd tussen die Hungry Lions en die Neppon Warriors het die Warriors die loot gewen en besluit om eerste te kolf waarna hulle 34/7 in hul toegelate 10 boulbeurte op die telbord geplaas het.
Die Warriors se boulers het toe die Hungry Lions met slim taktiese boulwerk verwurg en hulle tot slegs 24/7 in hul 10 boulbeurte beperk.
Neppon Warriors wen dus met 10 lopies.
Eaj Carew van die Hungry Lions speel die bal aan die bykant. Foto: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'