OUDTSHOORN KRIEKETNUUS - Die Hungry Lions verslind tans alle prooi in sy pad in die OPL-vlakkiekriekettoernooi.
Die Lions het tot dusver al vyf sy groepwedstryde oortuigend gewen in die strawwe toernooi en is tans, saam met die Neppon Warriors, die enigste onoorwonne spanne in die toernooi.
In verlede Sondag se wedstryd teen die Laeveld Challengers het die Lions so hard gebrul dat hy 'n allemintige eerste paaltjie vennootskap van 125 lopies tussen Ricardo " Kalla" Pietersen (112*) en Camron Rhoode (37) behaal het.
Die Lions het uiteindelik 'n teiken van 185 lopies vir die Challengers gemoker waarna hulle vir 59 uitgeboender is.
Met hierdie oorwining het die Leeus sy plek in die kwarteindstryd bespreek en ook verseker dat hy boaan sy groep eindig wat sal verseker dat sy paadjie in die uitspeelrondtes aansienlik makliker sal wees. Die Lions se volgende wedstryd is Sondag om 10:00 teen die Champs op Hunters Park in Dassieweg.
Ander uitslae:
- Neppon Warriors klop Uzzis
- Firestone klop Samewerking
- Old Crocs Ostrich Giants klop Super Royals
- Champs klop Dreamteam
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'