KRIEKETNUUS - Levi Schroeder se flitsende kolf (51 onoorwonne lopies) was grootliks daarvoor verantwoordelik dat Laerskool Laurus se o.11-krieketspan vir Laerskool Niko Brummer die afgelope naweek 'n groot loesing in Beaufort-Wes toegedien het.
Laerskool Laurus het eerste gekolf en 'n massiewe 203 lopies in 35 boulbeurte opgestapel vir die verlies van slegs drie paaltjies.
Benewens Schroeder se briljante bydrae met die kolf het Kealan Williams (33 lopies) en Nickyle Augustus (20) ook hul kant deeglik gebring met die wilgerlat.
In hul kolfbeurt is Nico Brummer uitgeboender vir slegs 57 lopies almal uit.
Lyle Titus (vier paaltjies) en Llevan Rheeder (twee paaltjies) het die meeste skade aangerig met die bal.
Laurus wen dus met 146 lopies.
Laerskool Laurus het die afgelope naweek 'n groot oorwining in Beaufort-Wes teen Niko Brummer behaal. Foto's: verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’