OUDTSHOORN KRIEKETNUUS - Vyf lede van Harlequins-krieketklub, Reagan Engelbrecht, Raymond Solomons, Mark Anthony, Freek de Laan en Warren Sevierus is Saterdagaand tydens dié klub se prysuitdeling by Smitswinkel Restaurant vereer vir 10 jaar se betrokkenheid by die klub.
Volgens Mark Anthony, voorsitter van die klub, en een van die stigterslede, is dié klub in September 2008 gestig en herdoop na Harlequins Forces-krieketklub nadat dit vroeër as die Defence-krieketklub bekendgestaan het.
Die klub was met die intrapslag redelik suksesvol en is na slegs drie jaar in die Promosieliga tot die elite SWD Premierliga bevorder.
Vrouekrieket groei tans teen 'n geweldige pas in Suid-Afrika en vir hierdie rede het ons ook in 2015/2016 seisoen vir die eerste keer 'n vrouekrieketspan in die veld gestoot, het Anthony gesê. Onder die kapteinskap van Marazelle Rabie het die vrouekrieketspan vroeër vanjaar in die finale van die SWD-vroueliga teen Union Stars gespeel waar hulle uiteindelik met 'n 108 lopies vasgeval het.
Harlequins het in sy tienjarige bestaan ook nasionale franchise spelers soos Glenton Stuurman (Warriors), Luthando Myanda (VB-Knighs) en Phabamba Fojela (Grens) opgelewer. Enige persoon wat by die klub wil aansluit kan Mark Anthony (voorsitter) by 076 374 6186 kontak of e-pos by mark1wp@gmail.com.
Van links is Reagan Engelbrecht. Raymond Solomons, Mark Anthony, Rhuphino Plaatjies (namens Freek de Laan) en Warren Sevierus.Foto:Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'