Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die verdedigende Sunfoil krieketkampioene, die VKB Knights het pas die loot gewen en besluit om eerste te kolf teen die WSB Cobras, op die rekreasiegronde in Oudtshoorn.
Die twee spanne is sedert 10:00 vanoggend in ‘n vierdag-wedstryd gewikkel.
Die Oudtshoorn Courant het vlugtig met die kaptein van die Knights, Pite van Biljon gesels oor sy indrukke van die kolfblad en vooruitsig vir die wedstryd (Sien video).
Albertus Kennedy, hoof uitvoerende beampte van SWD-krieket het gevra dat mense die wedstryd in groot getalle bywoon. Langs die veld is reeds ondersteuners wat vure aangesteek het om te braai, terwyl hulle die wedstryd volg.
Verskeie Protea spelers is deel van die twee spanne.
Kyk 'n video hieronder.
ARTIKEL EN VIDEO: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'