OUDTSHOORN KRIEKETNUUS - Langenhoven Gimnasium se 0.19-A krieketspan het die afgelope naweek by die KFC Punt-krieketweek op Oudtshoorn onoorwonne afgesluit deur onder meer met Paarl Gimnasium, DF Malan, Dirkie Uys en Worcester Gimnasium klaar te speel.
Uitslae:
Wedstryd teen Worcester Gimnasium
Langenhoven Gimnasium kolf eerste en teken 197 lopies vir die verlies vir vyf paaltjies in 30 beurte aangeteken.
Worcester Gimnasium kon in hul kolfbeurt net 110 lopies in 30 boulbeurte vermag. Gimmies se beste kolwers was Johann Muller met 87 onoorwonne lopies en Francois-Andre Beets met 24 lopies.
In Gimmies se boulaanval het Jhedli van Briesies paaltjies plat getrek. Rowan Rondganger kon twee paaltjies inapalm.
- Gimmies wen met 87 lopies.
Wedstryd teen Dirkie Uys
Gimmies teken 339 lopies op die telbord in 45 beurte aan. Lleyton Avontuur (127) en Jhedli van Briesies (123) van Gimmies het hondertalle aangeteken.
Dirkie Uys kon slegs 176 vir die verlies van nege paaltjies in 45 beurte aanteken. Gimmies se boulers wat die meeste skade met die bal aangerig het is Jhedli van Briesies, Kamva Qusheka en Jaco Victor wat elk met 2 paaltjies laat kantel het.
- Gimmies wen met 163 lopies.
Wedstryd teen DF Malan
Gimmies kolf eerste en plaas 239 lopies in 45 beurte op die telbord. Avontuur met teken weèr 'n honderdtal (112*) aan.
DF Malan word in hull kolfbeurt vir 154 lopies uitgeboul. Gimmies se beste boulers was Godroy Overberg met 3 paaltjies enBen-Pierre du Plessis en Johann Muller met 2 paaltjies elk.
- Gimmies wen met 85 lopies.
Wedstryd teen Paarl Gim
Gimmies kolf eerste en teken 223 lopies vir die verlies van ses paaltjie in in 45 boulbeurte aan. Gimmies se Johann Muller met 'n 100 onoorwonne lopies die beste met die kolf gevaar.
Paarl Gimnasium word vir slegs 152 lopies uitgeboender. Van Briesies palm drie paaltjies in en Overberg en Muller trek elk twee paaltjies plat.
- Gimmies wen met 71 lopies.
Langenhoven Gimnasium se seëvierende 0.19-A krieketspan. Foto verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'