OUDTSHOORN NUUS - Die Fezekile-meisieskrieketspan van Dill-Bill's-krieketakademie het hul seisoen afgesluit met 'n wedstryd teen SWD Krieket RPC. Dit was die laaste wedstryd van die seisoen.
Die meisies van Fezekile is gekies deur Dillan Moos, stigter van Dill-Bill's Cricket Academy.
Volgens hom kon hulle ongelukkig nie die wedstryd klaarmaak nie, maar is hy steeds bly dat sy spelers die nodige ervaring opdoen.
Hy het vyf jaar gelede die akademie gestig met die doel jong meisies bewus te maak van krieket en om hulle die nodige vaardighede te leer.
“Krieket onder meisies groei al hoe meer wêreldwyd en hierdie jong meisies kan voortgaan om hoër eerbewyse te behaal deur die geleentheid te kry om provinsiale krieket te speel of Suid-Afrika in die toekoms te verteenwoordig,” het hy gesê.
Moos sê dit is vir hom belangrik dat geen meisie met 'n liefde en talent vir krieket moet dink dat hulle weens hulle omstandighede nie iets kan behaal nie.
"Ek beywer my om met die meisies te werk sodat hulle hul volle potensiaal kan bereik."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’