KLEIN-KAROO-NUUS - Die vlakkiekrieketspan van De Rust het Sondag vriend en vyand verras toe hy die gedugte Firestones in hul kragmeting in die 2024 OPL T20-vlakkiekrkriekettoernooi met 11 lopies geklop het.
Die span het eerste gekolf en 'n stewige telling (123/9) op die telbord geplaas.
Firestones is hierna, danksy goeie boul- en veldwerk van die tuisspan vir 112 lopies uitgehaal.
In 'n tweede wedstryd Sondag is Legends die nuwe voorlopers in die 2024 T20 OPL-vlakkiekriekettoernooi na hul oorwinning Sondag oor Dysselsdorp. Die toernooi word deur die Eden Rainbow Development Project (ERDP) aangebied.
Legends het 54/2 in 10.5 boulbeurte aangeteken nadat die tuisspan net 53/9 kon aanteken.
In 'n derbywedstryd in 17de Laan het Tornadoes vir Spartans met 13 lopies geklop.
Tornadoes het eerste gekolf en in sy toegelate 20 boulbeurte 110/7 op die telbord geplaas. Spartans kon in hul kolfbeurt slegs 96/6 op die telbord kry.
Tornadoes is na vier wedstryde tweede op die punteleer met 10 punte en Hungry Lions derde met sewe punte.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’