OUDTSHOORN SPORTNUUS - Die splinternuwe BBL HUNDRED Ball-vlakkiekriekettoernooi het verlede Sondag begin.
Altesaam agt van Oudtshoorn se beste spanne ding mee in hierdie liga wat Hungry Lions, Neppon Warriors, Champs, Firestars, Underdogs, Tornadoes, Team Players en Knights insluit.
Elke naweek tot en met einde Oktober sal wedstryde op Aurial Kollege (Malley Park) se sportterrein vanaf 10:00 tot 17:00 gespeel word.
Die publiek is welkom om na die aksie te kom kyk. Oggendwedstryde (10:00) sal ook in Dassieweg (Hunters Park) en by Toekomsrus-kliniek (Die Kuil) gespeel word.
Die plaaslike liefdadigheidsorganisasie, Sport Buddy, het onlangs inisiatief geneem om die veld met behulp van Rutger Boshoff (ontwikkelaar van Shoprite-winkelsentrum in Bridgton), skoon te skraap nadat dit onbegaanbaar weens onkruid geraak het.
Wedstryduitslae:
- Lions klop Warriors
- Champs klop FireStars
- Tornadoes klop Knights
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'