Alhoewel `n maagvirus beteken het dat een van die groot name, Johan Cronjé, nie sy opwagting kon maak nie, was daar beslis genoeg aksie om atletiek-entoesiaste se sportlus te versadig.
Hans van der Veen, voorsitter van die organisasiekomitee, het na afloop van die byeenkoms verskeie hoogtepunte uitgesonder:
Die nuwe roete van die straatmyl het beteken dat meer toeskouers die geleentheid kon bywoon.
`n Rekord getal inskrywings is ook ontvang in beide die dames- en manskategorieë met 75 atlete in totaal.
Behalwe vir uitstekende kompetisie in die spiesgooi het ander velditems ook goed vertoon. Dewald van Heerden (UJ) het die mans diskus gewen met `n afstand van 54,87. Cecile Meyer (Kovsies) het die gewigstoot met haar afstand van 13,68 gewen. Marga en Alan Cumming, beide junior atlete, het ook in die gewigstoot uitgeblink.
Op die baan was dit Justine Palframan se tyd van 24,47 in die 200 m, Wayde van Niekerk se 46,78 in die 400 m, die vertoning van Blandina Makatisi in die 3 000 m en die 14-jarige Tshepo Monareng wat vir die mans 100 m en 200 m finale gekwalifiseer het.
Van der Veen het vertel dat die organiseerders ook opgewonde is oor die groot aantal junior inskrywings aan vanjaar se byeenkoms.
Na afloop van die byeenkoms is die top tien atlete as volg aangewys: 1) Cecile Meyer (Kov-sies), 2) Mthobisi Baloyi (Pukke), 3) Wayden van Niekerk (Kovsies), 4) Rodwell Ndlovu (IWK), 5) Moeketsi Tseiso (Pukke), 6) Dewald van Heerden (UJ), 7) Ulrich Damons (UWK), 8) Gideon Trotter (UVS), 9) Blandina Makatisi (RWFL VS) en 10) Zandri Bailey (Tygerberg).
Die top 3 Juniors is: 1) Alan Cumming, 2) Jason Clark en 3) Chanice Klink.
Nabeela Parker in Maties-kleure het die 100 m-naelloop in 12.48 gewen. Foto's: Jacques Swart
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'