Gallery
OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die jaarlikse tradisie om 'n veiligheidsbewusmakingspretdraf en -stap ter nagedagtenis aan Sanet Wentzel te hou, is Dinsdag 7 November voortgesit.
Wentzel is op 7 November 2009 omstreeks 05:00 op die grottepad doodgery, toe sy gedraf het.
Sedert 2010 word die Sanet Wentzel-veiligheidsbewusmakingspretdraf op die dag van haar dood aangebied.
Die pretdrawwe word deur Lampies Lamprecht, voorsitter van die Oudtshoorn Nedbank-atletiekklub, gereël.
Vanjaar se weeklikse Nedbank-tydtoets het deel uitgemaak van die pretdrawwe.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
ARTIKEL EN FOTO'S: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'