In die ope-kategorie was Bianca le Grange (RWFL – 44,03) die wenner, gevolg deur Cecilia Nel (Hartenbos Drawwers – 45,14) in die tweede plek en Anita Beutel (Oudtshoorn AAK – 45,51) derde. Le Grange was ook die junior wenner.
Die Seniorsketagorie is gewen deur Belinda Schreiber (Hartenbos Drawwers – 1:09.38), gevolg deur Elita Spies (RWFL – 1:12.16).
In die meesters-kategorie was Louisa Du Buisson (RWFL – 57,55) eerste, met Adèle Ungerer (Hartenbos Drawwers – 58,15) kort op haar hakke.
In die grootmeester-kategorie was Louise La-tegan (Oudtshoorn AAC – 1:11.58) die wenner, gevolg deur Cecelia Swiegers (RWFL – 1:19.20).
Inskrywings vir die PetroSA 10 km, 21,1 km en 42,2 km-wedlope kan tans gedoen word. Inskrywingsvorms kan afgelaai word by http://www.aswd.co.za/event/petro-sa-marathon
ASWD se Landloopkampioenskap vind op 16 Augustus (more) by Olympia skool in Pacaltsdorp plaas.
Die Saasveld 5 km en 21,1 km-wedlope vind op 23 Augustus in George plaas.
Op 30 Augustus vind die Tramonto Wedding Run plaas.

Ronel de Beer (Swan's Hardeware) het die pryse oorhandig aan, van links: Cecilia Swiegers (tweede Grootmeester),
Ronel de Beer, Louisa du Buisson (eerste Meester), Adèle Ungerer (tweede Meester) en Louise Lategan (eerste Grootmeester).

Vise-voorsitter van RWFL, Benita Olivier, by Saterdag se borge: John Smith (Monsanto) en
Kobus Theron (Klein Karoo Landmark).Foto's: Eddie Cronje
ARTIKEL: JACQUES SWART, OUDTSHOORN COURANT JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'