OUDTSHOORN NUUS - Die Nedbank SWD-atletiekklub se jaarlikse Valentynsdag-pretwedlope (3 km en 5 km) is Dinsdag gehou. Die atlete het, soos verlede jaar, weer op die kruising van St Johns- en Jan van Riebeeckstraat weggespring.
Deelname was gratis en die verrigtinge is met 'n prysuitdeling en gelukstrekkings afgesluit.
Volgens Lampies Lamprecht, organiseerder van die wedloop, het 60 entoesiastiese deelnemers, oud en jonk insluit, deelgeneem.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'