OUDTSHOORN ATLETIEK-NUUS - Bert Verlinde was Saterdag weer die vinnigste van die 91 deelnemers aan die weeklikse Oudtshoorn parkrun by Surval met ‘n blitsige tyd van 18 minute 56 sekondes, die vinnigste van die vier parkruns waaraan hy tot dusver deelgeneem het.
Sy vrou, Melanie, die eerste vrou oor die wenstreep in 'n tyd van 23 minute 22 sekondes. dit was ook haar vinnigste tyd tot dusver.
Ruan Bruwer wat vir die tweede keer deelgeneem het was tweede met 'n tyd van 20 min 13 sek met 'n eerste keer deelnemer, Markus Viljoen in die 3de plek met 'n tyd van 20:34.
Die vyftienjarige Rossouw Erwee, wat ook vir die eerste keer deelgeneem het, was die vierde atleet by die eindpunt en eerste junior met ‘n tyd van 20 min 37sek.
Hierna het gevolg Patrick Peters (20:52), Thys Jamneck (21:34), Melvin Lukas (22:03), Newald Groenewald (22:23) en Jaco Pretorius (23:15).
Jerry Olivier het Saterdag met die voltooiing van sy 100ste parkrun lid geword van parkrun Klub 100.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'