Deelnemers aan die wedloop spring Saterdag 09:00 weg oor ’n afstand van 16 km en 7 km.
Diederik le Grange en Brende Brits, wat die wedloop organiseer, sê die aanlyn inskrywings word tot Donderdagaand oopgehou, maar atlete kan nog steeds op Vrydag 12 Junie van 10:00 tot 20:00 op Fernskloof inskryf, asook op die dag van die wedloop, van 06:30 tot 08:30.
Inskrywings kos R180 vir die 16 km en R100 vir die 7 km. Betaling kan kontant (en per kaartmasjien) geskied.
Alles dui daarop dat die weer gaan saamspeel, maar dis te vroeg om nou al ’n presiese voorspelling te waag, sê Le Grange. Atlete word aangeraai om water saam te dra, want hoewel die rivier die afgelope tyd met die swaar reën begin vloei het, het dit nou weer gaan staan.
Vir die 16 km kan hoogstens 100 atlete inskryf, en vir die 7 km 60 atlete.