OUDTSHOORN NUUS - Die Klein-Karoo Atletiekfonds (KKAF) bied op Maandag 4 Maart die Timbercity Klein-Karoo-sakeaflos aan.
Vanjaar word daar weer 'n 'Fancy Dress' tema aangebied met groot pryse wat op die spel is.
Die sirkelroete begin en eindig by die Santa Fe Spur, en vind plaas vanaf 18:00 in Baron van Reedestraat tussen Voortrekkerweg en Van der Rietstraat.
Inskrywingsvorms kan by die Eden-sportakademie (De Jager-sportkompleks) en die Oudtshoorn-toerismeburo (regoor munisipale gebou in Voortrekkerweg) gekry word, en ook daar ingehandig word. Dit kan ook na davesusvdw@gmail.com ge-epos word, of by die KKAF se Facebook-blad afgelaai word.
Kontak Dave van der Walt by 082 774 4901 vir meer inligting.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'