OUDTSHOORN NUUS - Die Timbercity Klein-Karoo sakeaflos wat Maandagaand in Baron van Rheedestraat plaasgevind het, was ‘n reusesukses. Daar was ook weer 'n ‘fancy-dress’-tema, en die personeel van die Oudtshoorn Vaardigheidskool het met die beste kostuum-prys weggestap .
Altesaam 65 spanne teenoor die 51 spanne van 2018 het vanjaar deelgeneem.
Verskeie skole, besighede, SANW, SAPD en Jan Alleman het deelgeneem om dit ‘n feesgeleentheid soos min te maak.
Elke deelnemer wat die wedloop voltooi het, is beloon met ‘n deelnemersmedalje. Die wenspanne het egter met goue medaljes weggestap.
Volgens Dave van der Walt, voorsitter van die Klein-Karoo Atletiekfonds (KKAF), is die toekoms van hierdie gewilde byeenkoms in die weegskaal as gevolg van die hoë logistieke kostes om dit aan te bied.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
Die toeskouers het die drawwers en stappers luidkeels aangemoedig. Foto's: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'